Enkelouer-huishoudings neem toe
‘n Studie wat in Desember verlede jaar deur die Universiteit van Kaapstad gepubliseer is, het bevind dat 44 persent van alle kinders in Suid-Afrika, of 9,2 miljoen kinders, by hul ma’s woon, maar hul pa’s is afwesig. Slegs 4 persent van kinders woon in huishoudings by hul vaders, maar hul moeders is afwesig. Volgens pastoor Cass Bekker van die Agape-bedieninge is daar ook in Namibië ‘n toename in enkelouer-huishoudings. Kosmos 94.1 Nuus het met Cass gepraat wat moontlike redes vir die verskynsels gee.