Enkelmoeders moet kinders in hulle eie name registreer

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake het veral enkelmoeders gevra om eerder hulle kinders in hulle eie vanne te registreer. Daar word volgens berigte uitdagings ervaar tydens die registrasie prosesse en dan word die uitreiking van die sertifikate vertraag. Die ministerie se woordvoerder, Margaret Kalo het dit so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.