Enkele veranderings vir Stormers teen Sale Sharks

Rugby: Die Stormers het enkele veranderings aan hulle agterlyn aangebring en net een aan die pak voorspelers vir hul Kampioenebeker-wedstryd teen die Sale Sharks in Kaapstad. Die vleuel Courtnall Skosan en die skrumskakel Herschel Jantjies is terug in die beginspan terwyl Suleiman Hartzenberg na buitesenter verskuif in die plek van die beseerde Ruhan Nel. Die enigste verandering onder die voorspelers is die haker André-Hugo Venter, wat welverdiend in die opdrafspan gekies is na ʼn aantal indrukwekkende vertonings vanaf die bank.