Enige kwota wat op ras gebaseer is, is snert

Die DA het enige kwotas in die land, wat suiwer op ras gebaseer is, heftig verwerp. Die DA sê hy bejeën die instelling van rassekwotas deur die ANC-regering met minagting, aangesien dit ‘n duidelike poging is weer om rassediskriminasie en -verdeling vir beperkte politieke gewin in te stel. Noko Masipa van die DA sê die voorgestelde ras-kwotas, insluitend die konsepregulasies vir watergebruiklisensies wat onlangs in die staatskoerant gepubliseer is, hou ‘n geweldige bedreiging in vir die landbousektor en die algehele welstand van die mense van Suid-Afrika: