Engen-vulstasies – kommissie hou dinge dop

Sedert die goedkeuring, met voorwaardes van die aankoop van Engen deur Vitol Emerald Bidco, deur die Namibiese Mededingingskommissie, het dinge stil geword. Daar is in Junie aangekondig die maatskappy sal van 58 Engen- en Shell-diensstasies in Namibië ontslae raak om billike mededinging te verseker ná sy Engen-verkryging. Vitol bedryf sake as Vivo Energy in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het die jongste by Dina Gowases van die kommissie gekry.