Engelse stut Marler beskryf haka as belaglik, sê All Blacks moet eerder los
Die Engelse stut Joe Marler het hom die argwaan van All Blacks-ondersteuners op die hals gehaal deur te vra dat die geskiedkundige Haka laat vaar moet word. Engeland speel Saterdag op Twickenham teen Nieu-Seeland. Marler beskryf die tradisionele Maori-oorlogsdans wat uit 1905 terugdateer as belaglik, en meen dit dien net ‘n doel wanneer spanne daarop reageer. Die Springbokke het tydens vanjaar se Rugbykampioenskapstoetse teen die All Blacks gesê hulle het nog altyd die Haka gerespekteer. Engeland het nog net agt van sy 45 toetse teen Nieu-Seeland gewen.