Engelse skeidsregter vat fluitjie in Bokke vs Skotland
Rugby: Die Engelse skeidsregter, Christophe Ridley, dra die fluitjie wanneer die Springbokke Sondag op Murrayfield teen Skotland speel. Hy word bygestaan deur sy landgenoot, Luke Pearce en Craig Evans van Wallis. Die Australiër Nic Berry hanteer Vrydagaand se verwagte bulstryd tussen Ierland en die All Blacks in Dublin. Nieu-Seelander Ben O’Keeffe is Saterdag die 31ste man op die veld op Twickenham waar Engeland teen Australië speel. Die Suid-Afrikaner, Marius van der Westhuizen, is die TV-skeidsregter.