Engeland vee Proteas uit die pad op Manchester

Krieket: Engeland het Suid-Afrika Vrydagaand in Manchester uit die pad gevee en ʼn klinkende oorwinning met 118 lopies oor Suid-Afrika behaal in die tweede Internasionale Eendagwedstryd. Die wedstryd is tot 29 boulbeurte elk verkort nadat deurdringende reën spel vertraag het. Die Proteas het die loot gewen en Engeland ingestuur om te kolf. Die tuisspan is tot 201 beperk en is in die laaste boulbeurt uitgehaal. Suid-Afrika kon daarna net ʼn skamele 83 lopies aanteken en is in die 21-ste boulbeurt uitgehaal. Die derde wedstryd in die reeks word môre op Headingley in Leeds beslis.