Engeland soek nuwe toetskaptein, Root groet

Joe Root het bedank as Engeland se toetskaptein. Sy bedanking kom ná ‘n vyf-jaar-termyn wat in swak uitslae geëindig het, waaronder ‘n loesing in die reeks om die As en ‘n nederlaag in die Wes-Indiese Eilande. Die 31-jarige Root het sy span egter ook in ‘n paar noemenswaardige oorwinnings gelei, waaronder ‘n 4-1-tuisoorwinning teen Indië in 2018, en ‘n besoekersoorwinning van 3-1 teen Suid-Afrika in 2020.