Engeland mik na agtereenvolgende Euro-eindstryde

Sokker: Engeland meet vanaand kragte met Nederland in ‘n poging om deur te dring na agtereenvolgende Europese Kampioenskap-eindstryde. Engeland word beskou as die bakermat van sokker, maar hulle was nie baie suksesvol op internasionale vlak nie. Hulle het nog nooit die Europese Kampioenskap gewen nie en hulle laaste internasionale sukses was die Wêreldbeker in 1966. Engeland se kaptein Harry Kane sê die verwagtinge is groot.