Engeland kwalifiseer vir Euro ’24

Engeland het hul kwalifisering vir volgende jaar se Europese Kampioenskappe in Duitsland bevestig nadat hulle ‘n agterstand uitgewis het om Italië op Wembley met drie-een te klop. Italië het vroeg die voortou geneem maar die tuisspan het geantwoord met twee doele van kaptein Harry Kane en Marcus Rashford en was ook op koers om die sege te beklink. Die oorwinning plaas Engeland op 16 punte in Groep C, drie punte voor Oekraïne in die tweede plek, en waarborg hul deurgang na die Euros in die boonste posisie. Kane sê hy is trots op hul prestasie: