Engeland gaan nie “BazzBall” benadering verander

Krieket: Engeland se kaptein, Ben Stokes, sê hulle is nie spyt oor hul benadering nie al het hulle met 434 lopies teen Indië verloor. Die besoekers is laat op die vierde dag van die derde toets in Rajkot vir 122 uitgeboul, nadat hulle ‘n teiken van 557 gestel is. Ravindra Jadeja is as speler van die wedstryd aangewys vir sy sewe paaltjies in die toets en 112 lopies in die eerste beurt. Indië loop twee-een voor in die reeks van vyf wedstryde. Stokes sê ten spyte van kritiek gaan hulle niks verander nie.