Engeland bekommerd oor Stokes se besering

Krieket: Kommer heers oor Engeland se beseerde kaptein, Ben Stokes, in aanloop tot die toetsreeks teen Sri Lanka wat volgende week begin. Hy is gister tydens The Hundred op Old Trafford van die veld gedra nadat hy beseer is terwyl hy vir die Northern Superchargers gekolf het teen Manchester Originals. Stokes is ná die wedstryd op krukke opgemerk en sal vandag ʼn skandering ondergaan om die omvang van die besering te bepaal. As hy nie beskikbaar is nie, sal onderkaptein Ollie Pope moontlik die span aanvoer.