Energy boks in die Filippyne

Die Namibiese bokser Fillipus ‘Energy’ Nghitumbwa is op pad Filippyne toe om op 13 Mei in die kryt te klim teen John Riel Casimero. Nghitumbwa sal sy WBO super-bantamgewig-titel  teen die gevaarlike Casimero verdedig. Dit volg nadat Energy se geveg wat vir 15 Maart vir Australië geskeduleer was, afgelas is weens ‘n handbesering van sy Australiese teenstander, Luke Boyd. Energy se promotor en afrigter, Nestor Tobias sê dat hierdie geveg taaier gaan wees, maar hulle is gereed.