Energieminister besoek kragstasies landwyd

Die nuwe Suid-Afrikaanse minister van elektrisiteit, Kgosientso Ramakgopa, glo infrastruktuur-gebreke is die hoof-oorsaak van die land se energie-krisis. Hy is op ‘n agt daagse beoordelingstoer na al die kragstasies in die land. Ramakgopa sê die meeste van die probleme by die kragstasies is tegnies van aard en nie verwant aan korrupsie nie.