Energiekenner: SA kan Fase 16-beurtkrag hê

Energie-kenner professor Mark Swilling sê Suid-Afrika sal nog vir soveel tussen 18 maande en twee jaar moet vasbyt voor daar enige beduidende verbetering in die kragnetwerk gesien sal word, wat beurtkrag tot ‘n einde sal bring. Swilling, van die Sentrum vir Energie-oorgang-volhoubaarheid aan die Universiteit Stellenbosch het gereageer op berigte dat Eskom sy nuwe nasionale standaarde-dokumente ingedien het, wat die instelling van moontlike beurtkrag tot Fase 16 aanbeveel. Hy sê dit beteken egter nie dat omdat daar voorsiening vir fase 16 gemaak word, die land wel sulke hoë vlakke van beurtkrag sal ervaar nie. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Plat…