Energiekenner kritiseer wind- en sonkrag

Duitse energiekenner en president van HMS Bergbau, Lars Schernikau, het die oorgang na wind- en sonenergie gekritiseer. Hy het tydens die Steenkoolkonferensie by Middelburg in Mpumalanga, die oorgang as een van die mensdom se grootste foute beskryf en wys op lae energiedigtheid, die kort leeftyd van infrastruktuur en hoë koste. Hy maak voorspraak vir steenkool- en skoon steenkooltegnologieë en waarsku groter afhanklikheid van wind en sonkrag kan tot ekonomiese en omgewingsuitdagings lei.