Energie-oorgang in SA moet inklusief wees

Die minister van Minerale Hulpbronne en Energie, Gwede Mantashe, sê die regering is verbind tot ʼn laekoolstof-oorgang, maar dit moet inklusief en regverdig wees. Hy het gister by die African Energy Week in Kaapstad gepraat. Suid-Afrika leun tans swaar op steenkool wat vir sowat 70 persent van sy totale elektrisiteitsopwekking gebruik word. Mantashe sê die land moet sy energiebasis versterk terwyl hy met vervaardigers van hernubare energie saamwerk: