Energie-onafhanklikheid: Namibië is 20 jaar laat

Die ernstige droogte regoor Suider-Afrika het nou ook kraglewering beïnvloed, met die Karibadam wat ver van vol is weens die lae vlak van die Zambezirivier. Zambië, wat grootliks staatmaak op hidro-elektrisiteit wat by die dam opgewek word, moet nou krag invoer en kan nie meer aan Namibië lewer nie. Tot in 2023 is 60 persent van Namibië se krag uit Zambië ingevoer en die syfer staan nou op 25 persent. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die plaaslike energie-kenner, Harald Schütt, wat sê Namibië is al 20 jaar laat met ‘n daadwerklike plan om energie-onafhanklik te wees.