Energie-ministerie staak lisensies vir uitvoer-elektrisiteit

Die energie-ministerie het die uitreiking van nuwe lisensies vir kragopwekking wat aan uitvoer toegewy is, gestaak. Dit is in ‘n poging om binnelandse elektrisiteitsvoorsiening te verbeter. Die moratorium het op 5 Maart in werking getree en sal vir 18 maande van krag wees, of totdat bestaande transmissie-netwerk probleme reggestel is. Die Elektrisiteitsbeheerraad sê elektrisiteitsopwekkers word toegelaat om bykomende opwekkingskapasiteit binne die land vir uitvoer te bou. Beperkte transmissiekapasiteit op verbindings met buurlande en ook buite Namibië, het egter die raad genoop om die embargo op lisensie-aansoeke voor te stel.