Energie: Dis die regering se plig

Reaksie word ontvang op kommentaar deur die minister van myne en energie Tom Alweendo dat 20 miljard Namibiese dollar jaarliks nodig is vir die vasteland om sy eie energie teen 2030 te voorsien. Sonder energie is daar geen ontwikkeling nie. Ted Blom, die Suid-Afrikaanse energiekenner sê dit kom neer op ideologie omdat dit die regering se mandaat is om die regte omgewing te skep. Hy meen daar is genoeg verbruikers vir bestaande infrastruktuur.