Endjala vasbeslote om antwoorde te kry oor boek-tekorte
Die gebrek aan hand- en skryfboeke by skole in die Omusati-streek bly in die nuus. Die streek se goewerneur, Erginus Endjala, het die kwessie eerste uitgelig. Die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Sanet Steenkamp, sê die streek se onderwysdirektoraat is reeds in Junie verlede jaar befonds daarvoor en daar is duidelike instruksie daaroor gegee. Die saak is ook aan die Teenkorrupsie-kommissie gerapporteer. Kosmos 94.1 Nuus het met goewerneur Endjala gepraat, wat sê dat hy antwoorde nodig het, want die leerders het hul boeke nodig.