ENC kan nie duplikaat stemkaarte uitreik weens ‘vyandige situasie’ op Keetmans
Die hoofverkiesingsbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië, Theo Mujoro, het gesê hulle kon steeds nie begin met die uitreiking van duplikaat kiesersregistrasiekaarte nie weens die heersende vyandige situasie nie. Opposisiepartye onder leiding van die LPM betoog by die polisiestasie op Keetmanshoop weens beweerde ongerymdhede in die tussenverkiesing van die Keetmanshoop-landelike kiesafdeling wat môre moet plaasvind. Mujoro het vroeër gesê dat slegs reeds geregistreerde kiesers wat hul stemkaarte verloor het, tot vanaand om sewe-uur vir duplikaat stemkaarte kan aansoek doen. Hy sê die ontplooiing van stembeamptes, voertuie, toerusting en materiaal is egter aan die gang vir môre se tussenverkiesing.