En as Israel hom afvee aan hofbevel oor Palestyne?

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor, sê Suid-Afrika bly onwrikbaar in die bevordering van sy onverbonde benadering tot die handhawing van internasionale vrede en sekerheid. Sy het die media ingelig oor die voortslepende konflik tussen Israel en Hamas ná die uitspraak deur die Internasionale Geregshof. Die Hof het Israel beveel om alles in sy vermoë te doen om die benadeling van en moord op Palestyne in Gaza te stop. Pandor sê die werklike vraag waarmee nasies nou worstel, is wat sal gebeur indien Israel nie aan die bevel voldoen nie: