Empretec bevorder entrepreneurskap
Empretec Namibia is deel van die handelsministerie en die program bevorder entrepreneurskap as ‘n noodsaaklike komponent van ekonomiese ontwikkeling. Werklose jeugdiges en vroue word genooi om opgelei te word in die sny en poleer van edelstene. Kandidate moet aansoek doen vir die 2024/2025-inname. Die ministerie se woordvoerder, Elijah Mukubonda, sê kandidate moet aansoek doen op ‘n aansoekvorm op die ministerie se webwerf.