Eminem ontvang BRIT Billion-toekenning

Eminem is die jongste kunstenaar om die BRIT Billion-toekenning te ontvang. Die 51-jarige rap-ikoon het ‘n allemintige sewe miljard strome in die Verenigde Koninkryk bereik, soos aangeteken deur die “Official Charts Company”.

Die “Lose Yourself”-treffermaker is die huidige houer van die rekord vir die meeste opeenvolgende nommer 1’s op die Amptelike Albumgrafiek, met 10 ateljee-albums agtereenvolgens boaan grafiek.

Meer as 60 van Eminem se liedjies is BRIT-gesertifiseer, insluitend 15 gesertifiseer as Multi-Platinum.

Sy top drie treffers op stromingsdienste is “Without Me”, “Lose Yourself” en “Love The Way You Lie” met Rihanna – met 770 miljoen strome in die VK alleen.

Mense soos Green Day, The Rolling Stones, Queen, ABBA en Whitney Houston het BRIT Billion-toekennings ontvang.

Foto verskaf