Emesco kry finansiering vir sonkrag-projek

Emesco Energy Namibia het ekwiteitsfinansiering verkry vir sy 125 megawatt-piek-sonkrag-fotovoltaïese aanleg wat by Karasburg gebou gaan word. Die aanvanklike fase van die Schonau Sonkrag-projek, wat 50 megawatt fotovoltaïese-sonkrag kombineer met ‘n 70 megawatt-uur battery-energiebergingstelsel, sal na raming 1,3 miljard Namibiese dollar kos. Emesco se kommersiële direkteur, Pieter Rossouw, sê die maatskappy het 390 miljoen dollar ingesamel, wat 30 persent van die projekkoste dek. Die maatskappy soek nou 910 miljoen dollar in ‘n gemengde finansieringstruktuur as skulddeelnemers, in vennootskap met die Ontwikkelingsbank van Namibië, om die oorblywende uitgawes te dek. Die projek sal na verwagting vaardigheidsvlakke in die streek verhoog, en skep 400 tydelike werksgeleenthede tydens konstruksie, 60 seisoenale poste en 15 permanente poste wanneer dit in werking tree.