Elvis Presley se ikoniese blue suede shoes word opgeveil

Elvis Presley se ikoniese blue suede shoes sal na verwagting môre op ‘n veiling by Henry Aldridge & Son in Wiltshire omtrent 2,7 miljoen Namibiese dollar oplewer. Die Amerikaanse sanger het in die 1950’s die beroemde skoene gedra en hulle weggegee die aand voor sy aansluiting by die Amerikaanse weermag. Elvis het die skoene gekry nadat hy vir sy debuut-album in 1956 die treffer Blue Suede Shoes opgeneem het, wat sy mede-sanger Carl Perkins geskryf het. Presley se boesemvriend Jimmy Vervet, die wêreld se voorste Elvis-kundige, het bevestig die skoene is die ware Jakob.

Foto: Pinnaxis