Elton Jantjies se saak uitgestelJune 3, 2022
Die landdroshof in Kemptonpark het die saak teen die Springbok-losskakel Elton Jantjies tot 17 Junie uitgestel. Jantjies word aangekla van kwaadwillige saakbeskadiging. Die losskakel het glo verlede maand toerusting beskadig aan boord van ‘n vlug van Doebai na Johannesburg.