Elektroliseerders deurslaggewend vir groenwaterstof-produksie

Namibië staan op die drumpel om groenwaterstof te produseer, met sommige projekte wat net wag vir deurslaggewende elektroliseerders om met produksie te begin. Elektroliseerders gebruik elektrisiteit om watermolekules in waterstof en suurstofgasse te verdeel. Hierdie proses, bekend as elektrolise, is noodsaaklik vir die vervaardiging van waterstof sonder om skadelike kweekhuisgasse vry te stel, wat dit ‘n sleutelkomponent maak van ‘n ontkoolde energietoekoms. Die ander komponent is die gebruik van hernubare energiebronne soos son- en windkrag om elektrisiteit op te wek vir die elektroliseerders. Dit verseker dat die waterstof wat geproduseer word koolstofneutraal is. Dr. Zivayi Chiguvare, die waarnemende direkteur van die Namibiese Groenwaterstofinstituut, verduidelik meer.