Elektrisiteits-beheerraad kondig Vrydag kragtariewe aan
Die Elektrisiteits-beheerraad gaan Vrydagoggend die aankondiging oor kragtariewe vir NamPower maak. NamPower het ‘n tariefverhoging van 16,87 persent vir die finansiële jaar van 2023-24 aangevra. NamPower presteer normaalweg uiters goed maar het in die vorige boekjaar erge uitdagings beleef en ‘n verlies van 1,2 miljard Namibiese dollar vir die jaar tot 30 Junie 2022 aangeteken, teenoor ‘n wins van 1,2 miljard in 2021. Intussen het NamPower aangekondig dat hy beurtkrag op sekere dorpe sal toepas as gevolg van uitstaande skuld. Die kragvoorsiener sê hy word meer as ‘n miljard Namibiese dollar geskuld wat teen 31 Mei betaalbaar is of beurtkrag begin in fases vanaf 5 Junie.