Elektrisiteit voorafbetaalde meter-opdaterings vorder fluks

Die woordvoerder van die Stad Windhoek, Lydia Amutenya, het ‘n opdatering aan Kosmos 94.1 Nuus oor die omskakeling van elektrisiteit voorafbetaalde meters gegee. Die spanne is tans werksaam in Khomasdal, Otjomuise en Rocky Crest en sal tot 16 Februarie daar wees. Kliënte word versoek om alle ongebruikte krediettekens wat voor die meteropdatering gekoop is, te herlaai aangesien dit nie meer deur die meter na die opdatering aanvaar sal word nie.