Elektrisiteit, brandstowwe druk behuisingsinflasie hoër

Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se verbruikerspryse-verslag vir September het die inflasiekoers vir behuising, water, elektrisiteit, gas en ander brandstowwe, wat 28,4 persent van die verbruikersmandjie uitmaak, maand-tot-maand ‘n stadige toename van 0.3 persent gesien. Dit het egter ‘n verhoging van 3 persent gedurende September geregistreer vergeleke met 2,1 persent in September 2022. Die toename in die jaarlikse inflasiekoers vir hierdie kategorie is hoofsaaklik weerspieël in die subgroep van elektrisiteit, gas en ander brandstowwe wat 7,7 persent geregistreer het vergeleke met 5 persent in September 2022.