Elektrifisering dalk eerste, voor Musk se Starlink…

Elon Musk se Starlink stel belang daarin om in Namibië te werk, en hy het sy aansoek vir ‘n lisensie amptelik by die Kommunikasieregulerende Owerheid, Cran, ingedien. Starlink verskaf hoëspoed en betroubare internet-verbindings wat veral in landelike gebiede van groot waarde is. Die lisensie is nog nie toegeken nie. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gepraat wat sê die elektrifisering van huishoudings moet eerste aandag geniet.