Elektriese voertuie maak vinnig opgang

Volgens Simonis Storm se globale voertuigverkope-oorsig staan die elektriese voertuigsektor uit weens sy vinnige evolusie. In November vanjaar het die sektor ‘n toename van 20 persent op ‘n jaargrondslag in verkope gesien, met 1,4 miljoen eenhede wat verkoop is, wat ‘n beduidende mylpaal was. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jens Denk, ‘n aandeelhouer by Electric Vehicles Namibia, wat sê hulle ervaar dat die publiek in elektroniese voertuie belangstel.