Elektriese voertuie: Dis die hoender en die eier…

Daar word na wat berig word tussen 100 en 500 elektriese voertuie in Namibië gebruik, maar daar’s nie veel laaistasies nie. Vivo Energy, wat Shell bedryf, beplan ook nie om gou laaistasies te installeer nie. Volgens die besturende direkteur, Jaco van Rensburg, is daar nog nie genoeg elektriese voertuie in die land om die infrastruktuurbelegging te regverdig nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Jens Denk van Electric Vehicles Namibia gesels wat sê dis ‘n klassieke hoender-en-eier situasie en sodra laaistasies geïnstalleer word sal meer mense elektriese voertuie koop.