Elektriese motorfiets voltooi 6 000km

ʼn Elektriese motorfiets wat in Afrika ontwerp en gebou en slegs deur sonkrag aangedryf word, het die rit van Kenia na Stellenbosch voltooi. Die motorfiets is deur navorsers van die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Ingenieurswese en Roam, ʼn elektriese-mobiliteitmaatskappy in Kenia, ontwikkel. Die elektriese motorfiets se reis van sowat 6 000 kilometer het deur Kenia, Tanzanië, Malawi, Zambië, Botswana en Suid-Afrika gelei. Stephan Lacock van Maties het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.