El Niño sal nie sterk ontwikkel nie

Die bekende Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom Wandile Sihlobo sê die huidige voorspellings vir El Niño toon ‘n swak ontwikkeling en volgens die grafieke wil dit voorkom asof net die verre oostelike dele van Namibië geraak sal word. Hy sê na vier seisoene van La Niña, wat abnormaal is, sal reënval skerp daal in die komende seisoen. Maar, hy meen dat die impak moontlik nie so sleg sal wees nie omdat, die voorspellings vir ‘n swak El Niño is en omdat grondvog steeds hoog is in die buurland.