Ekurhuleni wil ook ontkoppel van Eskom
Die Stad Ekurhuleni sê hy beraadslaag met belangrike rolspelers terwyl hy opsies oorweeg om van die Eskom-netwerk weg te breek. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Nkululeko Dunga, het onlangs vergader met die 100 topmaatskappye wat in die streek bedrywig is. ‘n Woordvoerder, Zweli Dlamini, sê hulle het ‘n bykomende 1 000 megawatt nodig om beurtkrag te beëindig. Hy sê hulle kan dit regkry met ‘n stelsel van onafhanklike kragverskaffers, wat die stad ernstig oorweeg: