Ekurhuleni vergader oor oudit-opinie

Die Stad Ekurhuleni se munisipale komitee oor Openbare Rekeninge hou van hierdie week af openbare vergaderings oor die ouditverslag wat die ouditeur-generaal onlangs vrygestel het. Die metro het vir 2022/2023 ʼn ongekwalifiseerde ouditmening met materiële bevindings ontvang. Die stad se woordvoerder, Zweli Dlamini, sê die Ouditeur-generaal se bevindings oor Ekurhuleni se ongemagtigde, onregmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes sal onder andere bespreek word: