Eksamenuitslae van NSSCO en NSSCH Legacy-kurrikulum Donderdag bekend

Die onderwysministerie het aangekondig dat eksamenuitslae van die Namibiese Senior Sertifikaat Gewone Vlak en Namibiese Senior Sertifikaat Hoërvlak Legacy-kurrikulum vir deeltydse kandidate op Donderdag 10 Maart net na middernag beskikbaar sal wees. Altesaam 40 362 kandidate se uitslae sal via SMS, gedrukte media of op die onderwysministerie se webtuiste beskikbaar wees.