Eks-Nsfaf werknemer moet meer as N$529 250  terugbetaal

‘n Voormalige betalings-beampte van die Namibiese Studente Finansiële Bystandsfonds, Nsfaf, moet ‘n bedrag van 529 250 Namibiese dollar aan die fonds terugbetaal. Dit kom nadat die beampte, Tomas Konghola, die bedrag in die rekening van ‘n denkbeeldige student oorgeplaas het, ene Nelson Sheefeni, wat nie op finansiële hulp geregtig was nie. Regter Boas Usiko het in die Windhoekse hoërhof bevind Konghola het ook op die manier geld aan egte studente toegeken, maar dit in Sheefeni se rekening inbetaal. Regter Usiko het in die siviele saak wat die fonds teen Konghola aanhangig gemaak het, beveel dat hy ook 20 persent rente betaal op die uitstaande bedrag. Die fonds is deur prokureur Francois Bangamwabo verteenwoordig.