Ek’s gesond: Nandi-Ndaitwah

Dit gons nog steeds oor die ineenstorting van visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah by ‘n saamtrek op Otjiwarongo. Nandi-Ndaitwah word môre 72 jaar oud en was by vele saamtrekke die afgelope tyd. By ‘n gesprek in die hoofstad van die Swapo-manifes het die visepresident die gehoor toegespreek en sê sy voel goed.