Eks-Comrades-wenner Ashworth se bestuurstermyn opgehef

Padwedlope: Die wenner van die Comrades in 2018, Ann Ashworth, is van haar pligte onthef as wedloop- en bedryfsbestuurder, sewe maande nadat sy daar begin het. Ashworth het op sosiale media aangedui die raad het ‘n probleem met haar gebrek aan leierskap en bestuursvaardighede. Sy verwerp die bewerings en sê sy het drie keer aangebied om te bedank, maar dis nie aanvaar nie. Ashworth is in November 2023 aangestel en het Rowyn James vervang. Sy het gedurende haar termyn ‘n borg bekom om prysgeld te verhoog asook bonusse vir elite atlete.