Eks Bok-afrigter in hof vir seksuele aanranding

‘n Voormalige Springbok-afrigter, wat ‘n politikus geword het, is deur die Landdroshof in Malmesbury in die Wes-Kaap borgtog toegestaan na aanklagte van poging tot seksuele aanranding en crimen injuria. Die lid van die GOOD-party se naam word weerhou totdat hy gepleit het. Hy is in Februarie geskors nadat hy na bewering ‘n koukus-kollega betas het en die party het ‘n onafhanklike voorsitter vir die dissiplinêre proses aangestel. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die voorsitter se bevindinge is op hande. Die saak is uitgestel tot 15 Mei.