Ekonoom vra of dit wys is om by BRICS aan te sluit…

Die BRICS-beraad word in Kazan deur Rusland aangebied en kom vandag tot ‘n einde. Die uitbreiding van die groep, die skep van ‘n gemeenskaplike BRICS-geldeenheid, ekonomiese samewerking en globale uitdagings is bespreek. Die beraad kan aansienlike implikasies inhou vir die globale politieke en ekonomiese orde. Suid-Afrika is deel van BRICS, maar nog nie Namibië nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer by die Optimum-groep in Suid Afrika, wat sê dit is nie noodwendig wys om by BRICS aan te sluit nie en dit blyk die geval te wees vir Namibië.