Ekonoom: Voertuigverkope sal verbeter
‘n Namibiese ekonoom sê voertuigverkope sal na verwagting vanjaar toeneem. Verkope van nuwe voertuie vir April het op 1 004 eenhede te staan gekom, wat op ‘n jaargrondslag met 10,9 persent gestyg, het maar met 18,1 persent op ‘n maandgrondslag gedaal het. Alhoewel dit minder is as die 1 226 voertuie wat in Maart en 1 103 in Februarie verkoop is, is dit die derde agtereenvolgende maand dat nuwe voertuie se verkope van 1 000 eenhede oorskry het. Verkope van kommersiële voertuie het passasiers-voertuigverkope met 68 eenhede oorskry. Cirrus-ekonoom Robert McGregor, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die vooruitsigte vir toekomstige verkope.