Voertuigverkope dui aan ekonomie herstel

Volgens ekonomiese kenners is voertuigverkope een van die aanwysers in die stand van die ekonomie. In Maart is die hoogste aantal voertuie in Namibië verkoop wat sedert Julie 2017 aangeteken is. In Julie 2017 is 1 280 voertuie verkoop, vergeleke met 1 226 eenhede in Maart 2023, volgens Simonis Storm. Passasiers- en ligte handelsvoertuie het 94,2 persent van die totale verkope in Maart uitgemaak. Medium-kommersiële voertuie het die grootste jaarlikse toename in Maart gehad, gevolg deur ekstra swaar en ligte kommersiële voertuie. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie van die Universiteit van Namibië gepraat oor of dit beteken dat die ekonomie op sy herstelpad is…