Ekonoom twyfelagtig of Air Namibia herlewing ‘n prioriteit moet wees

Reaksie word steeds ontvang op Swapo se manifes wat die naweek bekend gestel is. Onder andere wil die party die nasionale lugredery laat herleef met wat hy beskryf as ‘n veerkragtige strategie. Ekonoom Rowland Brown het sy kritiek hieroor uitgespreek en vra met beperkte hulpbronne en baie vlugte wat reeds na Namibië kom, hoe dit ‘n prioriteit is? Hy sê ‘n redery skep baie min direkte werksgeleenthede, en werk teen ‘n ongelooflike hoë koste. In sy mening is daar baie hoër opbrengs op beleggings soos in landbou.