Ekonoom sê VSA nader resessie, en dis slegte nuus vir ons almal

Die Amerikaanse Federale Reserweraad het sy rentekoers met ‘n kwart persentasiepunt verhoog en het min aanduiding gegee dat dit die einde van hierdie verhoging-siklus nader. In ooreenstemming met markverwagtinge, is die aanpassing baie kleiner as die 50 en 75 basispunte wat vroeër toegepas is. Kosmos 94.1 Nuus het met Chris Hart, ‘n ekonoom in Suid-Afrika, gepraat oor wat die impak van die dalende verhogings in die VSA op Suider-Afrika sal wees. Volgens Hart is daar nie veel goeie nuus nie.